Vraag 4

‘n Eenvoudige vuurpylstelsel bestaan uit twee dele, A met massa 3m, en B met massa
2m, soos in die diagram hieronder getoon. B is bo-op A gestapel.

4.1 Stel die beginsel van behoud van momentum in woorde. (2)

Ignoreer ALLE eksterne kragte wat op die vuurpyl inwerk.
4.2 Bereken die snelheid van B in terme van v onmiddellik na die interne
ontploffing. (5)


Die grafiek hieronder toon die gemiddelde krag wat deur A op B tydens die interne
ontploffing as ‘n funksie van tyd uitgeoefen word.

4.3 Noem die fisiese hoeveelheid wat deur die oppervlakte onder die grafiek
voorgestel word. (1)


4.4 Teken die grafiek in jou ANTWOORDEBOEK oor. Op dieselfde assestelsel,
skets die grafiek van die gemiddelde krag wat B op A as ‘n funksie van tyd
uitoefen. (2)
[10]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.