Vraag 3

‘n Bal, met massa 0,06 kg, word vertikaal opwaarts gegooi vanaf die balkon van ‘n
gebou, 3 m bokant die grond. Die bal bereik ‘n maksimum hoogte h bokant die grond,
soos in die diagram hieronder getoon.
Ignoreer die effekte van lugweerstand.

3.1 Benoem die krag wat op die bal inwerk terwyl dit in vryval is. (1)

Die snelheid-tydgrafiek hieronder verteenwoordig die beweging van die bal vanaf die
oomblik wat dit opwaarts gegooi word totdat dit die grond tref.

3.2 Skryf die versnelling van die bal by tyd t = 1,02 s neer. (2)


3.3 Beskou oppervlaktes A1 en A2 getoon in die grafiek hierbo. Skryf die
numeriese waarde neer wat deur die VERSKIL in oppervlaktes A1 en A2
verteenwoordig word.
(1)


3.4 Bereken die:
3.4.1 Spoed waarteen die bal opwaarts gegooi word (3)
3.4.2 Hoogte h (4)
Nadat dit die grond tref, hop die bal vertikaal opwaarts en bereik ‘n nuwe maksimum
hoogte in 1,1 s.


3.5 Bereken die arbeid verrig deur die grond op die bal terwyl die bal met die
grond in kontak is. (6)
[17]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.