Vraag 7

Twee gelaaide sfere, R en S, is beide in rus op ‘n gladde, geïsoleerde skuinsvlak wat
‘n hoek van 25° met die horisontaal maak. Sfeer S, met massa 0,01 kg en wat ‘n lading
van –6 x 10-9 C dra, is aan ‘n 0,03 m lange, ligte onrekbare toutjie verbind wat by punt
P aan die bopunt van die skuinsvlak vasgemaak is.
Sfeer R, wat ‘n lading van +5 x 10-9 C dra, word só gehou dat die afstand tussen die
middelpunte van die sfere r is, soos in die diagram hieronder getoon.
Ignoreer die effekte van wrywing.

Sfeer R oefen ‘n elektrostatiese krag met ‘n grootte van 1,2 x 10-3 N op sfeer S uit.
7.1 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)


7.2 Bereken die afstand r tussen die sfere. (3)


7.3 Teken ‘n benoemde vrye kragtediagram vir sfeer S. (4)


7.4 Bereken die:
7.4.1 Spanning in die toutjie (4)
7.4.2 Netto elektriese veld by punt P (5)
[18]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.