Die smeltpunte en kookpunte van vier reguitketting-ALKANE word in die tabel hieronder getoon.

3.1 Definieer die term smeltpunt. (2)
3.2 Skryf die algemene gevolgtrekking neer wat oor die smeltpunte van reguitketting-alkane gemaak kan word. (2)
3.3 Noem die tipe Van der Waalskragte tussen molekule van oktaan. (1)
3.4 Skryf die oorheersende fase van die volgende alkane by -100 °C neer.
Kies uit GAS, VLOEISTOF of VASTE STOF.
3.4.1 Pentaan (1)
3.4.2 Oktaan (1)
3.5 Heksaan word nou met 2,2-dimetielbutaan vergelyk.
3.5.1 Is die molekulêre massa van heksaan GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN dié van 2,2-dimetielbutaan?
Gee ‘n rede vir die antwoord. (2)
3.5.2 Is die kookpunt van 2,2-dimetielbutaan HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN dié van heksaan? (1)
3.5.3 Verduidelik volledig die antwoord op VRAAG 3.5.2. (3)
[13]