Vraag 10

Die verhouding tussen frekwensie (f) en maksimum kinetiese energie (Ek(maks)) van foto-elektrone vrygestel uit twee katodes, M en N, van verskillende foto-elektriese selle word ondersoek. Die grafieke hieronder is uit die resultate verkry.

10.1 Definieer die term drumpelfrekwensie. (2)

10.2 Hoe vergelyk die maksimum kinetiese energie van foto-elektrone wat uit katode N vrygestel word met die maksimum kinetiese energie van dié wat uit katode M vrygestel word wanneer lig met ‘n frekwensie groter as 10,40 x 1014 Hz op elk van die katodes skyn?
Kies uit GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN. (2)

10.3 Bereken die waarde van frekwensie fx soos op die grafiek getoon. (5)

10.4 Die eksperiment word nou vir katode M herhaal deur lig met ‘n frekwensie van fx, maar van hoër intensiteit, te gebruik. Hoe sal ELK van die volgende beïnvloed word?

Kies uit VERHOOG, VERLAAG of GEEN INVLOED NIE.

10.4.1 Die y-afsnit van die grafiek (1)

10.4.2 Die aantal foto-elektrone wat per eenheid tyd vrygestel word (1)

10.4.3 Die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde foto-elektrone (1)
[12]
TOTAAL: 150

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.