Wanneer lig van verskillende frekwensies op die metaalkatode van ‘n fotosel invallend
is, word foto-elektrone vanaf die oppervlak van die katode vrygestel.
Die grafiek hieronder toon die verhouding tussen die maksimum kinetiese energie
(Ek(maks)) van ‘n vrygestelde foto-elektron en die golflengte van die invallende lig.
10.1 Gebruik die grafiek en bepaal die maksimum kinetiese energie van die
vrygestelde foto-elektron wanneer die golflengte van die invallende lig
1,0 x 10-7 m is. (1)
10.2 Watter verwantskap tussen die maksimum kinetiese energie van die
vrygestelde foto-elektron en die golflengte van die invallende lig kan van die
grafiek afgelei word? (2)
10.3 Definieer die term arbeidsfunksie in woorde. (2)
10.4 Gebruik die grafiek om die arbeidsfunksie van die metaal wat as katode van
hierdie fotosel gebruik is, te bereken. (4)
10.5 Bereken die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde foto-elektron
wanneer die golflengte van die invallende lig 0,5 x 10-7 m is. (4)
[13]
TOTAAL: 150