Vraag 9

Die diagram hieronder is ‘n vereenvoudigde voorstelling van ‘n WS-generator. Die
spoel word in ‘n kloksgewyse rigting in die magneetveld gedraai.

9.1 Skryf die naam van komponent X neer. (1)


9.2 Skryf die funksie van komponent Y neer. (1)


9.3 Gebruik die toepaslike beginsel om te verduidelik hoekom ‘n emk in die spoel
geïnduseer word wanneer die spoel in die magneetveld gedraai word. (2)


9.4 Die spoel draai KLOKSGEWYS vanaf die posisie in die diagram getoon. In
watter rigting sal stroom in gedeelte PQ van die spoel geïnduseer word?
Kies vanuit ‘P na Q’ of ‘Q na P’. (2)


Die uitsetspanning-teenoor-tyd-grafiek hieronder is vir die generator hierbo verkry.

Die uitsetspanning word teen ‘n frekwensie van 50 Hz opgewek.
9.5 Bereken die tyd t in die grafiek hierbo aangedui. (3)


9.6 Die generator word nou aan ‘n toestel met ‘n weerstand van 100 Ω gekoppel.
Bereken die energie verbruik wanneer die toestel vir EEN minuut in werking
is. (5)
[14]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.