5.1 Definieer die term reaksietempo. (2)
5.2 Gee ‘n rede waarom die gradiënt van die grafiek tussen t2 en t3 afneem. (1)
5.3 Veranderinge in die grafiek tussen t1 en t2 is as gevolg van temperatuurveranderinge in die reaksiemengsel.
5.3.1 Is die reaksie EKSOTERMIES of ENDOTERMIES? (1)
5.3.2 Verduidelik die antwoord deur na die grafiek te verwys. (3)
5.4 Die persentasie suiwerheid van die monster is 82,5%. Aanvaar dat die gas by 25 °C versamel is en bereken die waarde van X op die grafiek. Neem die molêre gasvolume by 25 °C as 24 000 cm3 . (5)
5.5 Hoe sal die reaksietempo verander indien 15 g van ‘n SUIWER monster van
CaCO3 met dieselfde HCℓ-oplossing reageer?
Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1)
5.6 Gebruik die botsingsteorie om die antwoord op VRAAG 5.5 te verduidelik. (2)
[15]