Vraag 5

Twee eksperimente, I en II, word uitgevoer om een van die faktore te ondersoek wat
die tempo van die reaksie van aluminiumkarbonaat, Aâ„“2(CO3)3, met OORMAAT
soutsuur, HCℓ, beïnvloed. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:

Die apparaat wat gebruik is, word hieronder getoon.

Die reaksietoestande wat vir elke eksperiment gebruik is, is soos volg:
Eksperiment I:
100 cm3 van 1,5 mol∙dm-3 HCℓ(aq) reageer met 0,016 mol Aℓ2(CO3)3-korrels by 25 °C
Eksperiment II:
50 cm3 van 2 mol∙dm-3 HCℓ(aq) reageer met 0,016 mol Aℓ2(CO3)3-korrels by 25 °C

5.1 Definieer die term reaksietempo. (2)

5.2 Gebruik die eksperimentele opstelling hierbo en noem die metings wat
gemaak moet word om die tempo van hierdie reaksie te bepaal. (2)

5.3 Gebruik die botsingsteorie om te verduidelik hoe die gemiddelde reaksietempo in Eksperiment I van die gemiddelde reaksietempo in Eksperiment II verskil. (3)

5.4 Die gemiddelde reaksietempo in Eksperiment II gedurende die eerste 2,5 minute is 4,4 x 10-3 mol∙min-1.
Bereken die aantal mol Aâ„“2(CO3)3 wat na 2,5 minute in die fles oorbly. (3)

5.5 Bereken die maksimum volume CO2(g) wat in Eksperiment I by 25 °C berei kan word. Neem molêre gasvolume by 25 °C as 24 000 cm3∙mol-1. (3)
[13]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.