Vraag 3

‘n Warmlugballon beweeg opwaarts teen ‘n KONSTANTE ONBEKENDE spoed.

3.1 Is die warmlugballon in vryval? Kies uit JA of NEE. Gee ‘n rede vir die antwoord. (2)

Wanneer die ballon 200 m bokant die grond is, word ‘n klippie A vanuit die ballon laat val. Sien die diagram hierbo. Nog ‘n klippie B word 5 s later vanuit die ballon laat val terwyl die ballon steeds opwaarts beweeg teen konstante snelheid.

Klippie A tref die grond teen ‘n spoed van 62,68 m∙s1
Ignoreer lugweerstand.

3.2 Bereken die:
3.2.1 Spoed van die warmlugballon (3)

3.2.2 Tyd wat dit klippie A neem om die grond te tref (3)

3.2.3 Afstand tussen die warmlugballon en klippie B op die oomblik
wanneer klippie A die grond tref (6)

3.3 Teken op dieselfde assestelsel posisie-tyd-grafieke vir beide die warmlugballon en klippie A vanaf die oomblik wat die klippie laat val word totdat dit die grond tref.

Gebruik die grond as nulverwysing.
Benoem jou grafieke BALLON en A. (4)
[18]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.