...

Vraag 2

‘n 8 kg-blok, op ‘n ruwe horisontale oppervlak, is verbind aan ‘n 2 kg-blok deur middel
van ‘n ligte onrekbare toutjie wat oor ‘n wrywinglose katrol beweeg, soos hieronder
getoon. Die 8 kg-blok beweeg teen ‘n konstante spoed wanneer dit deur ‘n 29,6 N
horisontale krag na regs getrek word. Die wrywingskrag wat op die 8 kg-blok inwerk,
is 10 N.

2.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2)


2.2 Teken ‘n benoemde vrye kragtediagram vir die 8 kg-blok. (5)


2.3 Bereken die spanning in die toutjie. (3)
Die 29,6 N horisontale krag word nou vergroot na 50 N.


2.4 Pas Newton se Tweede Wet op ELKE blok toe en bereken die:
2.4.1 Grootte van die versnelling van die 8 kg-blok (5)
2.4.2 Spanning in die toutjie (2)
[17]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 5 / 5. Vote count: 1

No votes so far! Be the first to rate this question.