...

Vraag 1

1.1 Watter formule toon die manier waarop atome in ‘n molekuul gebind is, maar toon nie al die bindingslyne nie?
A. Empiriese
B. Molekulêre
C. Struktuur
D. Gekondenseerde struktuur (2)

1.2 Watter EEN van die volgende verbindings het waterstofbindings tussen sy
molekule?
A. CH3(CH2)2CH3
B. CH3COCH2CH3
C. CH3COOCH2CH3
D. CH3CH(OH)CH2CH3 (2)

1.4 ‘n 2 g-stuk magnesium reageer met ‘n OORMAAT soutsuur volgens die volgende gebalanseerde vergelyking:
Mg(s) + 2HCℓ(aq) → MgCℓ2(aq) + H2(g)
Watter EEN van die volgende veranderinge sal die OPBRENGS van H2(g) VERHOOG?
A. Maak die stuk magnesium fyn.
B. Gebruik ‘n 3 g-stuk magnesium.
C. Gebruik ‘n groter volume van die suur.
D. Gebruik ‘n hoër konsentrasie van die suur. (2)

1.5 Die Maxwell-Boltzmann-verspreidingskurwe P verteenwoordig die aantal molekule teenoor kinetiese energie vir ‘n sekere reaksie. Kurwe Q word verkry nadat ‘n verandering aan een reaksietoestand
gemaak is.

Watter EEN van die volgende veranderings het tot kurwe Q gelei?
A. Byvoeging van ‘n katalisator
B. Toename in temperatuur
C. Toename in aktiveringsenergie
D. Toename in die konsentrasie van die reaktanse (2)

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.