Vraag 1

1.1 Beskou die stelling hieronder.
Die loodregte krag uitgeoefen deur ‘n oppervlak op ‘n voorwerp in kontak met die oppervlak.
Watter EEN van die volgende kragte word deur die stelling hierbo gedefinieer?
A. Normaalkrag
B. Resultante krag
C. Wrywingskrag
D. Gravitasiekrag (2)

1.2 Twee balle met massas m en 2m word gelyktydig vanaf dieselfde hoogte bodie grond laat val. Ignoreer lugweerstand.
Watter EEN van die volgende fisiese groothede sal dieselfde vir beide balle wees wanneer die balle die grond tref?
A. Gewig
B. Snelheid
C. Momentum
D. Kinetiese energie (2)

1.3 Die grafiek hieronder toon hoe die momentum (p) van ‘n voorwerp met tyd (t) verander.

Tydens watter EEN van die volgende tydintervalle, gemeet in sekondes, is die grootte van die netto krag wat op die voorwerp inwerk, die grootste?
A. 0 na 1
B. 1 na 2
C. 2 na 3
D. 3 na 4 (2)

1.4 ‘n Bal word vanaf ‘n hoogte bokant die vloer laat val. Die bal bots elasties met die vloer by tyd t en hop vertikaal opwaarts.
Ignoreer lugweerstand.
Watter EEN van die volgende grafieke toon aan hoe die totale meganiese energie (EM) van die bal verander met tyd?

1.5 Beskou die twee spektrumdiagramme hieronder.

Diagram 1 verteenwoordig die spektrum van ‘n element in ‘n laboratorium op die Aarde.
Diagram 2 verteenwoordig die spektrum van dieselfde element vanaf ‘n afgeleë ster soos vanaf die Aarde waargeneem.
Watter EEN van die volgende kan uit die spektra hierbo afgelei word?
A.Die ster beweeg na die Aarde toe.
B. Die ster is in rus relatief tot die Aarde.
C. Die ster beweeg weg van die Aarde af.
D. Beide die ster en die Aarde beweeg na mekaar toe. (2)

1.6 Die diagram hieronder toon die veldlyne vir die gekombineerde elektriese veld
as gevolg van twee klein gelaaide sfere P en Q.

Watter EEN van die kombinasies hieronder toon die polariteite van sfeer P en Q korrek?

1.7 Twee identiese sfere, P en Q, dra onderskeidelik ladings van +q en –2q. Sfeer P oefen ‘n elektrostatiese krag met grootte F op sfeer Q uit.
Watter EEN van die volgende verteenwoordig die grootte van die elektrostatiese krag wat op sfeer P deur sfeer Q uitgeoefen word?

1.8 In die stroombaandiagram hieronder is al die resistors IDENTIES. Ignoreer die interne weerstand van die sel.

Watter voltmeter sal die HOOGSTE lesing hê wanneer skakelaar S gesluit
word?
A. V1
B. V2
C. V3
D. V4

1.9 In watter EEN van die volgende elektriese masjiene word elektriese energie
na meganiese energie omgeskakel?
A. WS-generator
B. GS-generator
C. WS-dinamo
D. GS-motor (2)

1.10 Watter EEN van die volgende kombinasies verbind ‘n emissiespektrum en ‘n absorpsiespektrum korrek met die energieoorgange van ‘n elektron in ‘n atoom?

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.