1.1 ‘n Konstante netto krag werk in op ‘n voorwerp wat in ‘n reguitlyn beweeg.
Watter EEN van die volgende groothede wat met die voorwerp geassosieer
word, sal tydens die beweging konstant bly?
A. Snelheid
B. Momentum
C. Versnelling
D. Kinetiese energie (2)
1.2 Die gewig van ‘n voorwerp op die oppervlak van die Aarde is w. Wat sal die
gewig van die voorwerp wees op die oppervlak van ‘n ander planeet met
DIESELFDE massa as dié van die Aarde, maar TWEE KEER die radius van
die Aarde?
1.3 Die diagram hieronder toon ‘n krieketspeler wat sy hande afwaarts vanaf
posisie 1 na 2 na 3 beweeg terwyl hy ‘n bal vang.
Watter EEN van die volgende stellings verduidelik KORREK hoekom die
krieketspeler sy hande afwaarts beweeg?
A. Die impuls op die bal word verminder.
B. Die verandering in die momentum van die bal word verhoog.
C. Die verandering in die momentum van die bal word verminder.
D. Die tyd wat dit neem om die momentum van die bal te verander, word
verhoog. (2)
1.4 Beskou die beweging van ‘n klein klippie wat vertikaal opwaarts gegooi word
totdat dit maksimum hoogte bereik.
Ignoreer die effekte van wrywing.
Watter EEN van die volgende kombinasies van grafieke toon KORREK aan
hoe die momentum p en die gravitasie- potensiële energie U van die klippie
met tyd verander?
1.5 ‘n Seun en ‘n meisie met VERSKILLENDE massas, is aanvanklik in rus by
punt P. Hulle gly langs verskillende bane van ‘n waterglyplank af, soos in die
diagram hieronder getoon.
Ignoreer die effekte van wrywing.
Beskou die stellings hieronder met betrekking tot die seun en die meisie:
I. Slegs konserwatiewe kragte werk in op beide die seun en die meisie
terwyl hulle afwaarts gly.
II. Die seun en die meisie het elk dieselfde gravitasie- potensiële energie
by punt P.
III. Wanneer hulle punt Q bereik, is die spoed van die meisie gelyk aan
dié van die seun.
Watter van die stellings hierbo is KORREK?
A. Slegs I
B. Slegs I en III
C. Slegs II en III
D. I, II en III (2)
1.6 ‘n Sterrekundige neem waar dat die ligspektrum van ‘n ster blouverskuiwing
ondergaan het.
Hoe het die waargenome frekwensie van lig vanaf die ster en die afstand
tussen die ster en die Aarde verander?
1.7 ‘n Klein, negatiewe puntlading (q) is halfpad tussen twee identiese sfere, P en
Q, wat IDENTIESE ladings dra, geleë, soos hieronder getoon.
Sfeer P oefen ‘n elektrostatiese krag van grootte F op sfeer Q uit. Wat is die
grootte van die netto elektrostatiese krag wat deur die puntlading ondervind
word?
1.8 Beskou die stellings hieronder met betrekking tot WS-drywing en GS-drywing:
I. WS-spanning kan tydens WS-drywingsoordrag verander word.
II. GS-drywingsoordrag benodig transformators.
III. WS-drywingsoordrag is meer energiedoeltreffend.
Watter van die stellings hierbo is KORREK?
A. Slegs I
B. Slegs II
C. Slegs I en III
D. Slegs II en III (2)
1.9 In die stroombaandiagram hieronder is al die weerstande IDENTIES. Ignoreer
die interne weerstand van die sel en die weerstand van die verbindingsdrade.
Wanneer skakelaar S GESLUIT is, is die lesing op voltmeter V1, 3 V.
Wat sal die lesing op voltmeter V2 wees?
A. 1 V
B. 1,5 V
C. 2 V
D. 3 V (2)
1.10 Sommige van die energievlakke van ‘n atoom word in die diagram hieronder
voorgestel.
E0 verteenwoordig die grondenergietoestand.
Watter EEN van die energie-oorgange hieronder verteenwoordig die
absorpsie van lig met die laagste frekwensie deur die atoom?
A. E0 na E4
B. E1 na E3
C. E3 na E4
D. E0 na E3 (2)
[20]