Leerders berei ‘n oplossing met bekende konsentrasie deur 2 g suiwer natriumhidroksiedkristalle, NaOH, in ‘n 250 cm3 volumetriese fles in water op te los.
7.1 Skryf die term vir die onderstreepte frase neer. (1)
7.2 Bereken die:
7.2.1 Konsentrasie van die natriumhidroksiedoplossing (4)
7.2.2 pH van die oplossing (4)
Die leerders reageer nou 1,5 g suiwer CaCO3 met 50 cm3 verdunde HCℓ met
onbekende konsentrasie. Die OORMAAT HCℓ word geneutraliseer met 25 cm3
van die NaOH-oplossing wat hulle berei het. Die gebalanseerde vergelykings vir die reaksies is:

7.3 Bereken die aanvanklike konsentrasie van die verdunde HCℓ(aq). (8)
[17]