Suiwer waterstofjodiedgas, HI (g), met ‘n konsentrasie van 1 mol∙dm-3, word in ‘n 500 cm3-houer by temperatuur T verseël. Die reaksie bereik ewewig volgens die volgende gebalanseerde vergelyking:
6.1 Definieer die term chemiese ewewig. (2)
6.2 Die grafiek hieronder toon hoe die konsentrasies van die reaktans en
produkte met tyd gedurende die reaksie verander.
6.2.1 Watter EEN van die kurwes, X of Y, verteenwoordig die
veranderinge in die konsentrasie van die produkte? Gee ‘n rede vir
die antwoord. (2)
6.2.2 Hoe vergelyk die tempo van die voorwaartse reaksie met dié van
die terugwaartse reaksie by t = 4 minute? Kies uit HOËR AS, LAER
AS of GELYK AAN. (1)
6.3 Die ewewigskonstante, Kc, vir die reaksie is 0,04 by temperatuur T.
Bereken die aantal mol jodium, I2(g), wat by t = 6 minute teenwoordig is. (9)
6.4 Die grafiek hieronder toon hoe die tempo van die voorwaartse en
terugwaartse reaksies met tyd verander.
Die temperatuur van die houer word by t = 10 minute verhoog.
6.4.1 Watter reaksie(s) toon by t = 10 minute ‘n toename in tempo? Kies
uit VOORWAARTS, TERUGWAARTS of BEIDE VOORWAARTS
EN TERUGWAARTS. (1)
6.4.2 Is die reaksiewarmte (∆H) vir hierdie reaksie POSITIEF of
NEGATIEF? Verduidelik die antwoord volledig. (4)
[19]