Leerders gebruik verbindings A, B en C om een van die faktore wat die DAMPDRUK
van organiese verbindings beïnvloed, te ondersoek.

3.1 Definieer die term dampdruk. (2)
3.2 Skryf die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek neer. (1)
3.3 Watter verbinding, A of B, het die hoogste dampdruk? (1)
3.4 Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.3 volledig. Sluit die TIPES INTERMOLEKULÊRE KRAGTE by jou verduideliking in. (4)
3.5 Die grafiek hieronder verteenwoordig die verwantskap tussen dampdruk en
temperatuur vir verbinding A by seevlak. X en Y verteenwoordig verskillende
temperature.

3.5.1 Skryf die term neer vir die temperatuur wat deur X verteenwoordig
word. (1)
3.5.2 Noem die fase van verbinding A by temperatuur Y. Kies uit GAS,
VLOEISTOF of VASTE STOF. (1)
3.5.3 Teken die grafiek hierbo in jou ANTWOORDEBOEK oor. Op
dieselfde assestelsel, skets die kurwe wat vir verbinding C verkry
sal word. Benoem kurwe A en kurwe C duidelik. (2)
[12]