Die battery in die stroombaan hieronder het ‘n emk van 12 V en ‘n onbekende interne weerstand r.
Die weerstand van die verbindingsdrade en die ammeter is weglaatbaar.

Skakelaar S is OOP.
8.1 Skryf die lesing neer op:
8.1.1 Voltmeter V1 (1)
8.1.2 Voltmeter V2 (1)
Skakelaar S word nou GESLUIT.
Die lesing op die ammeter is 1,2 A en die drywing wat in resistor X verbruik word, is 5,76 W.
8.2 Definieer die term drywing. (2)
Bereken die:
8.3 Weerstand van resistor X (3)
8.4 Totale EKSTERNE weerstand van die stroombaan (3)
8.5 Lesing op voltmeter V2 (5)
‘n Stuk draad met weglaatbare weerstand word gebruik om punt P met punt Q in die stroombaan te verbind.
8.6 Hoe sal die lesing op voltmeter V1 beïnvloed word?
Kies uit TOENEEM, AFNEEM of GEEN INVLOED NIE.
Verduidelik die antwoord. (4)
[19]