Vraag 8

8.1 Wanneer ‘n stukkie natriummetaal (Na) by water in ‘n proefbuis gevoeg word,
word waterstofgas vrygestel. Wanneer fenolftaleïen-indikator by die proefbuis
gevoeg word, verkleur die oplossing pienk.

8.1.1 Definieer die term reduksie in terme van elektronoordrag. (2)

8.1.2 Skryf die reduksiehalfreaksie neer. (2)

8.1.3 Skryf die gebalanseerde vergelyking neer vir die reaksie wat
plaasvind. (3)

8.1.4 Gee ‘n rede hoekom die oplossing pienk verkleur. (1)
Wanneer ‘n stukkie koper by water in ‘n proefbuis gevoeg word, word geen
reaksie waargeneem nie.

8.1.5 Verwys na die relatiewe sterktes van REDUSEERMIDDELS om te
verduidelik waarom geen reaksie waargeneem word nie. (3)


8.2 Oorweeg die selnotasie hieronder.

8.2.1 Wat word deur die enkellyn (|) in die selnotasie hierbo voorgestel? (1)

8.2.2 Skryf die energieomskakeling neer wat in hierdie sel plaasvind. (1)

8.2.3 Bereken die aanvanklike emk van die sel onder standaardtoestande. (4)
[17]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.