...

Vraag 5

‘n 2 kg-boks word 5 m bokant die grond vanuit rus by punt P losgelaat. Dit gly langs ‘n
gladde, wrywinglose, geboë baan PQ af. Sien die diagram hieronder.

5.1 Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde. (2)

5.2 Gebruik die BEGINSEL VAN BEHOUD VAN MEGANIESE ENERGIE om die spoed van die boks te bereken wanneer dit punt Q bereik. (3)

Die boks gaan verby punt Q en beweeg 10 m op ‘n ruwe horisontale oppervlak voordat dit ‘n versperring by punt R teen ‘n spoed van 4 m.s-1 tref.

5.3 Gebruik ENERGIEBEGINSELS om die grootte te bereken van die gemiddelde wrywingskrag wat op die boks inwerk soos dit vanaf Q na R beweeg. (4)

Die versperring oefen ‘n impuls van 14 N.s na LINKS op die boks uit wanneer die boks die versperring tref.

5.4 Bereken die verandering in kinetiese energie van die boks nadat dit die versperring getref het. (5)
[14]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.