Vraag 1

1.1 Watter EEN van die volgende verbindings het waterstofbindings tussen
molekule?
A. Pentanaal
B. Pentan-2-oon
C. Pentanoësuur
D. Metielbutanoaat (2)

1.2 Aan watter homoloë reeks behoort ‘n verbinding met molekulêre formule
C6H12O2?
A. Ketone
B. Alkohole
C. Aldehiede
D. Karboksielsure (2)

1.3 Watter funksionele groepe is betrokke by die vorming van esters?
A. Formiel en karboniel
B. Hidroksiel en karboniel
C. Hidroksiel en karboksiel
D. Karboniel en karboksiel (2)

1.4 Die vergelyking hieronder stel ‘n reaksie by ewewig voor.

Watter EEN van die volgende sal die kleur van die mengsel van geel na
oranje verander?
A. Byvoeging van natriumhidroksiedkorrels
B. Byvoeging van gekonsentreerde soutsuur
C. Verhoging in druk by konstante temperatuur
D. Verlaging in druk by konstante temperatuur (2)

1.5 Beskou die potensiële-energiegrafiek vir die reaksie wat hieronder getoon
word.

Die aktiveringsenergie vir die VOORWAARTSE reaksie in terme van P, Q en
R is:
A. Q
B. R − P
C. Q − R
D. Q − P (2)

1.6 ‘n Reaksie bereik ewewig in ‘n geslote houer volgens die volgende
gebalanseerde vergelyking:

Watter EEN van die volgende veranderinge sal die waarde van die
ewewigskonstante laat TOENEEM?
A. Verwyder NH3(g)
B. Verhit die houer
C. Verkoel die houer
D. Vergroot die volume van die houer (2)

1.7 Swawelsuur ioniseer in water volgens die volgende vergelykings:

Beskou die volgende stellings oor die ionisasie hierbo:

Watter van die stellings hierbo is WAAR?
A. Slegs I
B. I en II
C. I en III
D. I, II en III (2)

1.8 Watter EEN van die volgende reaksies sal ‘n positiewe voltmeterlesing gee
wanneer dit in ‘n voltaïese sel gebruik word?

1.9 Watter EEN van die volgende stellings is KORREK vir ‘n ELEKTROLITIESE
SEL?
A. Die anode is die positiewe elektrode.
B. Die katode die positiewe elektrode.
C. Oksidasie vind by die katode plaas.
D. Reduksie vind by die anode plaas. (2)

1.10 Watter EEN van die volgende toon die nywerheidsprosesse waarin
AMMONIAK onderskeidelik ‘n reaktans en ‘n produk is?

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.