Vraag 6

Beskou die gebalanseerde vergelyking hieronder vir ‘n hipotetiese reaksie wat in ‘n verseëlde 2 dm3 -houer by 300 K plaasvind.

6.1 Definieer die term chemiese ewewig. (2)

6.2 Die hoeveelheid van elke stof teenwoordig in die ewewigsmengsel by 300 K, word in die tabel hieronder getoon.

Die temperatuur van die houer word nou na 350 K verhoog. Wanneer ‘n NUWE ewewig bereik word, word gevind dat 1,2 mol P(g) in die houer teenwoordig is.

6.2.1 Is die reaksiewarmte (∆H) POSITIEF of NEGATIEF? (1)

6.2.2 Gebruik Le Chatelier se beginsel om die antwoord op VRAAG 6.2.1 te verduidelik. (3)

6.2.3 Bereken die ewewigskonstante by 350 K. (8)

6.2.4 Hoe sal die ewewigskonstante wat in VRAAG 6.2.3 bereken is, beïnvloed word wanneer die volume van die houer by konstante temperatuur verminder word?
Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
Gee ‘n rede vir die antwoord. (2)

6.3 Meer Q2(g) word nou by die reaksiemengsel by konstante temperatuur gevoeg.
Hoe sal ELK van die volgende beïnvloed word?
Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.

6.3.1 Die opbrengs van PQ(g) (1)

6.3.2 Aantal mol van P(g) (1)
[18]

How useful was this Question?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this question.