Die sirene van ‘n stilstaande ambulans stel klankgolwe teen ‘n konstante frekwensie van 680 Hz vry. ‘n Man staan met ‘n detektor wat die golflengte van die klank aanteken wat deur die sirene vrygestel word, soos in die diagram hieronder getoon.

Die spoed van klank in lug is 340 m∙s-1
6.1 Bereken die golflengte van die waargenome klank. (3)
Die ambulans beweeg nou teen ‘n konstante spoed met die pad NA die man toe.
Die detektor teken nou die golflengte van die klank aan, wat met 0,05 m van die vorige lesing verskil.
6.2 Stel die Doppler-effek. (2)
6.3 Hoe sou ELK van die volgende verander het wanneer die ambulans na die detektor toe beweeg het in vergelyking met toe die ambulans stilstaande was?
Kies uit TOEGENEEM, AFGENEEM of GEEN VERANDERING NIE.
6.3.1 Afstand tussen die golffronte (1)
6.3.2 Frekwensie van die waargenome golwe (1)
6.4 Bereken die spoed van die ambulans. (5)
[12]